Die Getroue Getuie

.: Lees meer...
.: Godsdiensverraad 5
GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD SE VOLK (5)
AAN ALLE KINDERS VAN ONS HEMELSE VADER WAT DIE WAARHEID WIL ONTDEK:
UIT DIE PEN VAN BEN MAREE
GODSDIENSVERRAAD (5)
Die vyfde uittreksel deur Len Smoog, vanuit die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds. Ben Maree:
In hierdie boek word eeu-oue waarhede wat verswyg word of verdraai of vervals is, blootgelê.
AAN ALLE PREDIKERS:
Uit die boek: “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur
ds. Ben Maree:
“Die “Oop-vir-almal-teologie”
word hoofsaaklik gebaseer op ‘n vers soos Matthéüs 28:19 wat verkeerd verstaan word: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die
nasies, en doop hulle in die Naam
van die Vader, en die Seun en die
Heilige Gees; en leer hulle om alles
te onderhou wat Ek julle beveel het.”
“Al die nasies” is spesifieke nasies. “Die” is
‘n bepaalde lidwoord. Wanneer die vers gekwoteer word, word normaalweg gesê “alle” nasies. Dit is nie korrek nie. In die Grieks staan daar “panta ta ethne” wat letterlik vertaal sou word as “al die, dié nasies”. Dit beteken al die spesifieke nasies (ethne – van dieselfde ras). Dié nasies is net die Israelnasies, kinders van Adam, d.w.s. Adamiete,
die fisiese nageslag van Abraham, Isak en Jakob.
Sou
iemand egter met die vertaling probleme hê, dan is die wonder dat dieselfde
vers net in die daaropvolgende sin, die bepaling vir ons gee, naamlik waar daar
gesê word: “…en leer hulle om alles te onderhou wat Ek
julle beveel het.” Jahshua
sê duidelik dat hulle geleer moet word wat Hy beveel het. Net Matthéüs hoef
gelees te word en dan kan duidelik gesien word aan wie die Evangelie uitgedra
moet word. In Matthéüs staan dinge baie duidelik, maar dit is ook so dat van Génesis 17 tot Openbaring 22, daar die bepaling gegee word dat
die Woord, Wet en al die beloftes net aan die Israelnasies gegee is. Die Ou en
die Nuwe verbond is ook net met hulle gesluit en die Heilige Gees is net op
hulle uitgestort. Die wonder van die Teopneustie is dat dit sê dit is onder die
leiding van die Heilige Gees geskryf. Om verder te bewys dat die Israeliete dié
nasies is, staan daar in “Eségiël 34:31: “En julle
is My skape, die skape van My weide;
julle is mense (Adamiete), Ek is julle
God, spreek die Meester JAHWEH.” Hier word die Israeliete
geklassifiseer as “mense”, d.w.s. Adamiete, en die ander word in vers
25 geklassifiseer as “bose diere”.
Dominee, u maak die kerkdeure en die Woord van God oop vir
hulle wat dit glad nie mag kry nie. Deur die eeue het sending in Afrika misluk.
Sendelinge en hulle vroue is vermoor en verkrag op die aller afgryslikste
wyses. Hoekom het die Hemelse Vader dit toegelaat as hulle dan “‘n edele taak”
sou verrig om sendingwerk te doen? Die antwoord is ook in die Woord van God,
naamlik:
“Moenie wat heilig is aan die honde gee nie en gooi julle
pêrels nie voor die varke nie sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai
en julle verskeur nie”
(Matthéüs 7:6) “Maar Hy antwoord en sê: Dit
is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die
hondjies te gooi nie” (Mat 15:26).
Dit wat heilig is, is verseker
die Woord van God. Ek het nog nooit kon dink dat ‘n predikant letterlik
vir honde en varke die Evangelie sou gaan verkondig nie. Hierdie is dus tipe
wesens wat soos mense lyk en Jahshua
noem hulle “honde en varke”. Maar luister wat sê Jahshua wat gaan
gebeur met hulle wat dit doen: “ sodat hulle dit nie
miskien met hulle pote vertrap, (die
evangelie met hulle pote vertrap) en omdraai en julle verskeur nie.” Die
Hemelse Vader sê dat hulle julle sal doodmaak as julle die Evangelie aan hulle
bring. Dit het in Afrika gebeur en nou doen julle dit vanuit die kerke! Is dit
dalk die rede waarom plus minus twee duisend vyf honderd boere op plase al
vermoor is? En nie ‘n enkele nasie snik daaroor nie!!!
In Spreuke 28:9
staan daar: “Wie sy oor wegdraai om nie
na die wet te luister nie, selfs
sy gebed is ‘n gruwel.” In Génesis 21:12 staan die volgende: “Want deur
Isak sal daar vir jou ‘n nageslag
genoem word.”
Hierdie
selfde vers kom voor ook in Romeine 9:7 en
Hebreërs 11:18. Wat so
wonderlik is, is dat die Hemelse Vader gesê het dat sekere mense na Isak
vernoem sal word. Die Jode word nie na Isak vernoem nie, maar ons
word wel die Saksiese nasie genoem. In die volksmond vind
daar altyd verkorting plaas. “Isaac’s sons”
het verkort na “Sacsons” en is
vertaal met “Saksies”. Die wonder is, die Hemelse vader het gesê ‘n sekere
nageslag sal na Isak vernoem word, en tot vandag toe gebeur dit. Die Jode word
geklassifiseer as Sefardiese Jode en Askinasiese Jode. Duidelik word hier vir ons
uitgewys dat die nageslag van Abraham, Isak en Jakob uitverkies is, dit wil sê,
die Adamiete, ons en die suiwer blanke Westerse nasies. Daarom staan daar ook, “...dat sy nageslag sal wees,
soos die sand van die see, soos
die sterre van die hemel” en
vir Abraham sê die HEMELSE Vader, “Jou naam sal
wees Abraham want Ek maak jou die
vader van ‘n menigte van nasies.”
In Exodus 3:10 staan
“...en lei My volk, die kinders
van Israel uit Egipte uit.”
Exodus 6:6: “...en Ek
sal julle as My volk aanneem
en vir julle ’n God wees...”
Exodus 24:10: “...en hulle
het die God van Israel gesien,
onder Sy voete net soos ’n vloerwerk van
saffierstene en so helder soos die hemel
self.”
Let net op hoeveel keer kom dit
voor in die Bybel, “die kinders van Israel”, en/of,
“Israel” en dat Israel duidelik uitgewys word as Die
uitverkore volk, dit wil sê die Saksiese volke.
Levitikus
1:2: “spreek met die kinders van Israel
en sê vir hulle...”
Levitikus 7:23: “Spreek
met die kinders van Israel...”
Baie duidelik
staan dit in Deuteronómium 7:
6 “Jy is ‘n volk heilig aan die Here;
jóú het die Here jou God uitverkies
om uit al die volke wat op die
aarde is Sy eiendomsvolk te wees,”
2 Samuel 7:24: “En U het U volk
Israel vir U bevestig as ‘n volk vir U tot in ewigheid;
en U, Here, het vir hulle ‘n God geword.”
Dit is die vreemdste
verhaal in die geskiedenis van die mens, dat daar duisende, letterlik
derduisende verse is wat handel daaroor dat Israel die volk van God is, en geen
ander volk nie. Dat daar nie eers ‘n baster in die vergadering van Jahweh mag
kom nie, en die teoloë, predikante en pastore sien dit nie raak nie, dan vra ‘n
mens; hoe werk dit?
Openbaring 21 sê van vers
10: “...heilige Jerusalem wat uit die hemel van God neerdaal. ”
Vers 12: “ En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.”
Deur watter poort gaan u die
wat nie-Israeliete is nie, laat deurgaan, deur die skoorsteen? Die probleem is
dat daar nie ‘n skoorsteen is nie en dit is net krismisvader wat deur die
skoorsteen kom.”
KOMMENTAAR
Die volke waaruit die Boervolk
bestaan is hoofsaaklik afstammelinge van Duitsers, Hollanders en Hugenote. Deur
die geskiedenis is dit duidelik dat hierdie drie volke ‘n deel uitmaak van die
stamme van Israel, wat na hulle ballingskap in Assirië oor die Kaukasiese
gebergte getrek het. Hulle het Europa binne gedring en hulle volgens hulle
stamme in verskillende gebiede gevestig.
Daar het hulle ontwikkel in die volke van Europa soos ons hulle vandag
ken. Weet u dat die Bybel net verhaal van die volk Israel en geen ander
volk nie. Ander volke word net genoem waar hulle in verband staan met Israel,
bv. oorloë ens. Ons sien dus duidelik in die Ou Testament dat Israel die
uitverkore fisiese volk van ons Hemelse Vader is. Daar bestaan
nie ‘n sogenaamde “geestelike Israel” nie!
Kom ons kyk nou wat sê die Nuwe
Testament:
Matt. 2:6: “En jy,
Betlehem, land van Juda, is volstrek nie
die geringste onder die vorste van Juda
nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom
wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.”
Matt. 19:28: “En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê
vir julle dat julle wat My gevolg
het, in die wedergeboorte wanneer die
Seun van die mens op sy heerlike
troon gaan sit, julle ook op twaalf
trone sal sit en die
twaalf stamme van Israel sal oordeel.”
Markus 4:11 “En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is kom alles deur gelykenisse, (12) sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word .”
In
hierdie twee verse, wie is die hulle wat buite is, wat nie hul moet bekeer nie
en wie se sondes nie vergewe moet word nie?
Lukas 1:16: “En hy sal baie van die
kinders van Israel bekeer tot
die Here hulle God.”
Lukas 1:54:“Hy
het sy kneg Israel bygestaan, sodat
Hy aan sy barmhartigheid sou dink”
Lukas 2:32: “‘n
lig tot verligting van die nasies en
tot heerlikheid van u volk Israel.”
Joh. 1:50: “Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!”
Die Nuwe
Testament verwys dus ook na ‘n fisiese volk en nie ‘n geestelike volk
nie.
Dat die Jode die uitverkore volk
van die God van Abraham, Isak en Jakob is, is verseker een van die grootste
leuens van alle tye. Die Jode en die Israeliete is nie van dieselfde
volk nie. Die Jode is afstammelinge van die Edomiete, die Khazare
van Rusland en ander volke soos die Hun, Magjaar ens. “Die woord Jood
het nie eens bestaan toe die Griekse
teks geskryf is nie. Die eerste plek
waar die woord Jood in die Bybel
voorkom, is in 11 Konings 16. Sonder
enige verduideliking oor wie hierdie Jode
is, word die woord “Jood” hier in
gevoeg en vêrderaan word die woord “Judeër“
byna glad nie meer gebruik nie.”
Geneem uit die boek - “Verbode”
- van James Evans. Later meer oor die Jode en die bewyse dat hulle nie
die uitverkore volk van ons Hemelse Vader is nie.
Groete
Len Smoog
Posbus 2447
Lichtenburg
2740
Sel: 072 781 5972
Die boeke van ds. Ben Maree is ‘n moet vir elke soekende Bybelstudent en vir elke mens wat die waarheid sy deel wil maak. Dit handel oor die valshede wat die Christelike kerke verkondig. Die valshede word op grond van die Bybel en korrekte vertaling uitgewys, so ook die strawwe wat volg op die verwerping van die waarheid, verkeerd glo en doen. Die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds. Ben Maree beslaan 483 bladsye en is beskikbaar by:
Vuurklip Str. 541
Die Wilgers
Pretoria
Posbus 70770
Die Wilgers
0041
Tel: 012 807 0434
Fax: 012 807 0434