.: Lees meer...

.: Godsdiensverraad (1)





GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD SE VOLK (1)

AAN ALLE KINDERS VAN ONS HEMELSE VADER WAT DIE WAARHEID WIL ONTDEK:

UIT DIE PEN VAN BEN MAREE

GODSDIENSVERRAAD

Hier volg 'n oorsig deur Len Smoog vanuit die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds.Ben Maree:

In hierdie boek word eeu-oue waarhede wat verswyg word of verdraai of vervals is, blootgelê.


Die Heilige Name

Is die naam van ons God en hemelse Vader “Here?”

Nee, sekerlik nie. Almal wat in die vier susterskerke geskool is, weet dat dit JAHWEH is. Hoe is dit moontlik dat die Naam uitvertaal is en dat dit selde, indien ooit, gebruik word? Die vraag is: “Is ‘n naam vertaalbaar?” Is “Pretoria” of “Johannesburg” vertaalbaar na ‘n totaal ander naam? Is u eie name vertaalbaar? Dat die uitspraak varieer van taal tot taal is wel so, maar ‘n naam kan nie vertaal word nie. Hoekom is ons Hemelse Vader se Naam uitvertaal? Vir die argument van die saak sal die korrekte Name, Jahweh en Jahshua, gebruik word in die gekwoteerde verse.

Weet u dat die boek van professor Gemser, “Hebreeuse Spraakkuns”, die Naam so vroeg as bladsy 20, behandel? Dit wil sê, na twee of drie periodes in Semitiese Tale, weet die predikante al van die naam "Jahweh". Op bladsy 58 in die Bybelse Ensiklopedie, word die volgende aangaande die woord, “Baäl”, verduidelik: “Baäl” beteken dan oorspronklik “heer”, nie in die sin van “besitter” nie, maar as ‘n aanspreekvorm wat die vereerder teenoor sy god gebruik het: Veral is hy as verpersoonliking van die son beskou. Een ding staan vas: Baäl was ‘n natuurgod.”

Dit is uiters belangrik om die God wat ons aanbid te identifiseer, want dat daar baie gode is wat aanbid kan word, is ook verseker. In Jeremia 23:13 staan: “Ek het wel by die profete van Samaria aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Baäl en verlei My volk Israel;” Dit het presies so gebeur, want ons mense noem Hom “Here” wat “Baäl” beteken (“Lord” in Engels) instede van Jahweh, en so het Sy Naam onbekend en vergete geraak. Let wel, die Naam word met ‘n “J ” gespel en die Engelse spel dit met “Y” om dieselfde klank na vore te bring (“y” soos in “you”). Die skrikwekkende is wanneer “Baäl” vertaal word, dit in wese “Here of " Heer” is. Die vraag is:"Is dit dan Baäl wat die predikers verkondig of is dit Jahweh wat hulle verkondig? " Hoekom is Sy Naam met “Heer” of “Here” vertaal? Baie duidelik staan daar in Deuteronómium 18:5 en 7 dat die Leviete moes diens doen in die Naam van Jahweh en dit is wat die predikers nie meer doen nie.

Eségiël 39:7 “En Ek sal my heilige Naam BEKEND MAAK onder my volk Israel en sal My heilige Naam nie meer laat ontheilig nie: en die nasies sal weet dat Ek Jahweh is, die Heilige van Israel”

Exodus 9:16 “…maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou My Naam op die hele aarde kan verkondig.”
Dit is juis dit wat die “hullenie doen nie, in die plek van Sy Naam verkondig hulle “Here” wat “Baäl” beteken.

Psalm 20:2 “Mag Jahweh u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.”

Psalm 91:14 “Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm omdat hy My Naam ken.” Is dit die rede waarom mense van die kerk af huis toe ry en by die huis word hulle ingewag en vermoor? Daar is tientalle verse wat die Naam van ons God uitwys. Hoekom word dit verberg? Sodat die een wat skuiling soek by Sy Naam dit nie weet nie; en die vers in Psalm 91:14 nie in vervulling kan gaan om beskerming te bied nie. In Jesaja 52:6 staan die volgende: “Daarom sal My volk My Naam leer ken…” Die vraag is, hoekom gebeur dit dat mense op die Naam afkom?

Exodus 3:15Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Jahweh, die God van julle Vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is My Naam vir ewig en dit is My gedenknaam van geslag tot geslag.” “Gedenknaam” beteken dat wanneer ons aan Hom dink, ons aan Sy Naam as “Jahweh” moet dink en nie as “Here” nie. Hy sê ook nie dat ons aan Sy “skuilnaam” moet dink nie. Dit is verstommend dat prof. Murray Janson in die Huisgenoot geskryf het: “Jammer dat die eienaam van ons God nog weer ‘n keer uitvertaal is.” (Na die 1983- vertaling).

Daar is ‘n skrikwekkende vers in 2 Kron. 7:14 “…en My volk, oor wie My Naam uit- geroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” Watter naam is oor hierdie volk in Suid Afrika uitgeroep? "Here"? U kan gerus die Bybelse Ensiklopedie gaan lees oor die uitsprake van “HERE”, en dat dit verwys na Baäl en dat Jahweh die eie naam van ons God is. Dit gaan hier oor die land se genesing en die volk se sondes en oor ‘n Naam, die Naam van ons God wat oor die volk uitgeroep moet wees en dit word nie gedoen nie. Verstaan u hoekom duisende mense bid en duisende mense kerk toe gaan en die volk en land ten gronde gaan, bloot net omdat hierdie vers nie uitgevoer word nie, want Sy Naam word nie oor hulle uitgeroep nie en in die Naam kom hulle nie tot vergifnis nie, en in die Naam bely hulle nie hulle sondes nie? Dit is skrikwekkend wanneer mens na hierdie dinge kyk en die Woord staan vas, of u en ek dit glo of nie, dit maak aan die Hemelse Vader geen saak nie, wat Hy sê is waar en dit is ‘n wet en dit werk.

Dit is altyd so dat die duiwel jou van die pad van die Hemelse Vader wil afkry. ‘n Pad het twee kante, hy wil jou op een of ander kant afkry. So as hy nie meer die Naam kan weggesteek kry nie, dan kry jy weer die super-heiliges wat sê dat hierdie Naam so heilig is dat dit nie uitgespreek mag word nie; dit is ook weer nie waar nie. Die Woord sê vir ons in Johannes 17: 6 die volgende: “Ek het U Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het U Woord bewaar.” Hoe sou Jahshua, Jahweh se Naam aan mense bekend maak as Hy nie die Naam genoem het nie? Vers 11 sê die volgende: “En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in U Naam dié wat U My gegee het sodat hulle een kan wees net soos Ons.”
Vers 12: “Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in U Naam bewaar…” Vers 26: “En Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak…” So, die argument dat die Naam nie gebruik mag word nie is totaal-en-al vals.

Ons sien dit ook in Psalm 68:5Sing tot eer van God, Psalmsing tot Eer van Sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is Sy Naam; en jubel voor Sy aangesig!” Om te sê: “HERE is Sy Naam” is ‘n infame leun. "Jahweh" is Sy Naam en nieHERE” of “Baäl” nie. Dit laat ‘n mens sidder.
In Jeremia 23 lees die opskrif “Teen die valse profete”.
Vers 11: “Want die profeet sowel as die priester is goddeloos.”
Vers 13: “…hulle profeteer deur Baäl en verlei My volk Israel.”
Vers 16: “Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hulle eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van Jahweh nie. ”

Maar in Vers 17 gaan dit aan om te sê dat die profete sê “julle sal vrede hê en julle sal geen onheil vind nie”. Vers 27: “…is hulle daarop bedag om My volk My Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders My Naam vergeet het deur Baäl (Here)?”

Presies só het dit ook met ons gebeur. Baäl wat “heer” of “here” beteken, is in die plek van die Naam Jahweh en hier word in hierdie hoofstuk Jeremia 23 die valse profete en priesters gewaarsku dat hulle dit nie moet doen nie, en dit is presies wat gebeur het. Die predikante weet dat Jahweh die eienaam is, hoekom word dit nie gebruik nie?”

Ek het al gesê, waar dit die mens se ewige en aardse lewe raak, daar is dit gewoonlik vals vertaal.

Kyk nou na Exodus 20:7, naamlik: “Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die een wat Sy Naam ydellik gebruik sal nie ongestraf bly nie.” Daar staan in die Hebreeus “eet asêr jissa êt-semo lassav”. Direk vertaal soos volg: “wat wegneem”, (dit-die) Sy Naam tot vernietiging. “Eet” en “êt” in die Hebreeus, toon die voorwerp aan wat iets aan gedoen moet word, byvoorbeeld, Génesis 1:1 lees direk vertaal soos volg: In die begin het Hy geskape, God dit (êt) die hemelliggame en dit (we-eet) die aarde.” Daar staan in die Hebreeus van Exodus 20:7 die volgende: “Jy mag die Naam van Jahweh jou God nie wegneem tot vernietiging (tot die nietigheid of vergetelheid) nie, want die een wat Sy Naam wegneem tot vergetelheid (vernietiging) sal nie ongestraf bly nie.” Hierdie vertaling pas in die konteks van die WOORD, terwyl "ydel gebruik", nie in die res van die Woord ondersteun word nie. Die vraag is, kan diegene, dit wil sê vertalers sowel as predikers wat die NAAM verberg, in die koninkryk van Jahweh kom?


Die argument dat die Heilige Naam nie gebruik mag word nie, stort in duie as mens dink dat “JAH” die verkorting is van “Jahweh” en dat soveel name soos Jesaja, Elia selfs Sonja en ander name, juis daardie verkorting in het en ‘n vernoeming is na Jahweh. Jahshua is ook weer ‘n samestelling van Sy Naam, want “shua” beteken “red”. “JAH RED”, is ons Verlosser se naam.


Ds. Ben Maree skryf: Terloops, in my sesde jaar op kweekskool sê ‘n student vir een van ons professore:

“Professor is Jesus uit die stam van Juda?” Die professor sê “Ja.” Die student vra: “Is Hy n Hebreër?” Professor:Ja”. Student:Het Hy Aramees gepraat?” Professor:Ja”. Student:Nou hoekom is dit dat Hy die Naam Jesus het, wat ‘n Griekse Naam is?” Die professor het net gesê: “Ons mors tyd, kom ons gaan aan.” Dit is ‘n sinsnede wat vreeslik handig is as mens nie kan of wil antwoord nie.


Jahshua beteken “Jah red” – Jahruach is JAH se Gees- Dit is die Heilige Gees. Selfs die Name van die Drie Persone wys die netjies geïntegreerdheid van die Drie-Eenheid. Daar is sekerlik nog baie verse wat aangehaal kan word om die belangrikheid van die korrekte Name aan te dui. Daar is nog ‘n vers wat ek voel wat dringend is wat ‘n mens sal moet kwoteer, sodat u die gevaar van ‘n verkeerde naam baie duidelik kan raaksien en mens sidder as jy hierdie vers lees, en dit is Handelinge 4:12: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander Naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie.” Dit is skrikwekkend om te dink dat mense so mislei word deur predikers. Deuteronómium 28:58 die volgende:As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die Here jou God, te vrees nie” (die korrekte moet wees Jahweh jou God, te vrees nie)

Vers 59: Dan sal Jahweh oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes.”


U as prediker wat Sy Naam verberg, is direk aanspreeklik en verantwoordelik vir hierdie plae en siektes onder ons mense en in ons land! Na jare se navorsing het ek agter gekom ons is so ver van die waarheid en dit is hoekom al hierdie plae, siektes, ellendes, droogtes, rampe en peste ons tref. Dit is alles deel van ‘n strafgerig en dit is as gevolg van misleiding, vervalsing en leuens. As u die Naam van Jahweh, ons God nie ken nie en so ook Sy Seun se Naam nie ken nie, het u eindelose, ewige probleme.


Die duiwel is slim genoeg om nie na die mense te kom en te sê God bestaan nie, want hy weet dat dit ‘n universele ingeskapenheid by die mens is om te soek na ‘n hoër Goddelike Wese. Hy kom om ‘n valse god aan te bied, hy verander Sy naam en gebruik nog steeds die Bybel. Hy verander die Hemelse Vader se doelwitte en wette wat uitgestippel is in die Woord, maar hy gebruik nog steeds die Bybel. Hy neem gedeeltes weg, soos die boek Henog wat vir 500 jaar deel was van die Bybel. Toe dit weggeneem is, kon daar fenomenale misleiding gepredik word. Met die boek Henog kon dit nie, want daar is die twee saadlyne helder verstaanbaar en prominent.


U sien, Jahshua het nie verniet vir ons gewaarsku en gesê dat aan die einde van tyd, daar baie valse Jesusse en valse profete sal wees nie. Dit is die valse Jesusse wat verkondig word. Daar word valse Jahshuas ook verkondig. ‘n Jahshua wat jy net nêrens in die Bybel kan vind nie. Ek is daarvan oortuig dat as ek ‘n valse Jesus aanbid, ek nooit die koninkryk van die Hemelse Vader sal beërwe nie. Normaalweg is daar netjies beredeneerde vervalsing om by ‘n sekere valse dogmatiek uit te kom. Dit vat ons weg van die seën van die hemelse Vader. Dit sê nie dat alle vervalsings mense in die hel sal laat beland nie, maar dit gaan nie net oor hemel en hel nie, dit gaan ook oor ‘n wandel met die Hemelse Vader en oor seëninge wat Hy vir ons belowe het, wat ons mense nie meer ervaar nie en dan wonder die mens hoekom kry hy dit nie meer nie. Is die Woord van die Hemelse Vader dan nie meer eg, reg of waar nie omdat hy dit nie kry nie? Die punt is, sy wandel is so skeef in die oë van die Hemelse Vader, dat hy nie daardie seën kan kry nie en dan weet hy/sy dit nie eers nie.”


BEWYSE VAN HEILIGE NAME


Die vokaallose naam van Jahweh, dit wil sê “JHWH”, staan ook bekend as die “Tetragrammaton” en dit beteken “vier letters”. Die “Tetragrammaton” kom 6823 keer voor in die Hebreeuse Ou Testament. Wat interessant is, is dat die verkorting van Jahweh, naamlik “Jah”, wel in die “King James Version” voorkom en nie uitvertaal is nie, en wel in Psalm 68:4 “…extol him that rideth upon the heavens by his name YAH, and rejoice before him. ” Let net op dat die “Y” die Engelse verklanking van die Hebreeuse letter “jod” is, en die “J” is die Afrikaanse klank. Die Afrikaans het dieselfde uitspraak as “jammer”. Die vraag ontstaan, is dit net enkelinge wat nou bewus is van die eienaam van ons God en van ons Messias, of is dit in die akademiese- en navorsingswêreld ‘n algemeen bekende feit? Dan is dit nodig dat daar gekyk word na verskillende uitsprake en dit word in die volgende paragrawe vir u aangehaal. Die sekulêre en religieuse navorsers spel dit baie duidelik uit dat Jahweh Sy Naam is.


DIE SEKULÊRE NAVORSERS I.V.M. JAHWEH SE NAAM


In verskeie woordeboeke is daar ook “Jehova” wat dan nou ook sê die Hebreeus daarvan is “Jahweh”. Beide die Vader en die Seun se name word hier korrek deurgegee en die Bybelvertalers het geen verskoning nie tensy hulle nie woordeboeke het nie, maar dan is hulle ongeletterd. Daar is nie ‘n manier dat ‘n naam van ‘n persoon, ‘n stad of ‘n plek vertaal kan word nie. As dit sou gebeur, is dit misleidend en ‘n vervalsing. Dit is interessant om te sien dat in die woord “Hallelujah”, die “JAH” behoue gebly het. Hallelujah is Hebreeus en beteken “prys JAH”, in wese, “prys Jahweh”. Hoekom kon Sy Naam dan nie behoue gebly het nie? Sou ons ‘n naam neem soos “Leon”, wat in wese van die Grieks af kom en “leeu” beteken, dan aanspreek in Afrikaans en vir hom sê “Leeu” of sou ons hom in Engels aanspreek en vir hom sê “Lion”? Dit werk nie so nie, en hy sal nie daarop reageer nie. “Leon” bly “Leon”. “Dawid” of “Dawie” beteken “geliefde.” “Benjamin” beteken “seun van my regterhand”, dit wil sê “handig”. “Adam” beteken “iemand wat kan BLOOS”. Kan alle nasies bloos?


Terug by die Bybelvervalsers. Hoekom doen die Bybelvertalers dit? Hoekom laat hulle die identiteit van ons God verlore raak tot so ‘n mate dat die Hemelse Vader van ons in Hoséa 2:15 die volgende sê: “En in die dag, spreek dieHERE’, sal jy My noem: My man; en jy sal My nie meer noem: My Baäl nie.” Vers 16: “Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.” “Baäl” beteken “here” en in die Hebreeus staan daar “Bali” en dit beteken, “my here”. Die Hemelse Vader sê daar kom ‘n dag dat die mense Hom nie meer gaan “Here” noem nie, maar wel die Heilige Name gaan ken. Daar is ook ‘n vers wat sê ons mag nie eers die name van afgode noem nie en dit staan in Exodus 23:13En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem en die naam van ander gode mag julle nie vermeld, dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.” U kan die Engels nagaan, die Hebreeus, die “Strongs”, u kan “Dakes Annotated Reference Bible” nagaan, u sal sien dat “Baäl” met “Lord” vertaal word. Dit is weersinswekkend en skrikwekkend om te sien dat die vertalers die mens gelei het om ‘n woord te gebruik, naamlik, “Here”, of “Baäl”, wat ons werklik verbied word om te gebruik soos in die vers wat so pas gekwoteer is. Die interessante is dat die Heilige Name deesdae reg oor die wêreld deur mense begin gebruik word. Wat my menigmaal in bewondering en vervoering verstom laat staan het voor hierdie Almagtige en Alwetende en Alomteenwoordige God, is dat Hy stellings duisende jare gelede gemaak het. Dit of dat mag jy nie doen nie, en dan sien jy hoe die duiwel presies hierdie goed laat deurkom in die kerke. Toe ek die eerste keer in Deuteronómium 18:11 gelees het dat jy nie ‘n dooie mag raadpleeg nie, dit is nekromansie (en daar is min mense wat weet van nekromansie), het ek regtig verstom gestaan. Dit is wanneer ’n mens hier in Jesaja 52:5, 6 lees, veral vers 6: “Daarom sal die volk My Naam leer ken”. Die Engels lees soos volg: “Therefore My people shall know My name”.


Die Hemelse Vader het in Sy wonderalwetendheid, duisende jare gelede gesê dat Sy Naam verwyder sal word. Hy het ook gesê dit is nodig dat Sy kinders Sy Naam moet ken. Daar sal diegene wees wat hierdie Naam nie aanvaar nie - dit is ‘n situasie wat die Heilige Gees aan u openbaar of nie openbaar nie. Daar is geen manier hoe ons by die Woord kan verby kom nie. Die Name moet ons ken en in hierdie Name sal ons moet aanbid. As ons dit nie doen nie, terwyl hierdie kennis deesdae op die tafels van die mense kom, sal hulle sekerlik probleme optel. Dit is ook aangrypend in die brief aan die Gemeente van Filadelfia in Openbaring 3:8Ek ken jou werke, kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het My Woord bewaar en jy het My Naam nie verloën nie.” Weet u dat Pretoria se naam oorspronklik Filadelfia was? Dit is dan nou hier waar ons tot ‘n sekere slotsom moet kom. Wat beoog die vertalers en wat bereik die vertalers met dié van die Bybelleser? Ons lees wat reeds genoem is in Psalm 91:14Omdat hy My liefhet, God, daarom sal Ek Hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy My Naam ken." Kom ons gaan kyk na die nuwe vertaling van dieselfde vers en dit lees soos volg: Vers 14: “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red”, sê die Here, “Omdat hy My ken sal Ek hom beskerm.” Die ken van die naam word uit hierdie vers uitvertaal, dit is nie net genoeg dat die Naam vervals word met “Here” nie, maar die kennis van die Naam, die gesag in Sy Naam, daardie wonderfeite, word net eenvoudig weggeneem. Sou iemand na u toe kom en sê hy kom doen besigheid met u in die naam van Rockefeller of Oppenheimer, het hy ‘n gesag wat fenomenaal kapitaalkragtig is. Dit is dieselfde hier, as iemand kom in die Naam van Jahshua of Jahweh, hy ‘n kragtigheid het wat deur almag gerugsteun is. Die wegneem van die naam en die vervalsing van Psalm 91:14, sê vir ons een ding baie duidelik, en dit is dat die fisiese beskerming van die mens hom ontneem word. Is dit nie tragies dat ‘n mens in hierdie tyd, soos wat daar vanoggend alweer gebeur het, ‘n 86-jarige tannie hier in Pretoria verskriklik wreed vermoor is? Hierdie beskerming is haar ontneem. Haar seun bly hier naby ons. Is dit nie snaaks dat mense van die kerk af wegry waar die seën op hulle uitgespreek word, en dan kom hulle by die huis, net om daar ingewag te word deur moordenaars en uitgewis te word? Wat help daardie seën hulle? Waar lê die fout? Is God nie meer almagtig nie, of is die seën wat uitgespreek word nie meer van toepassing nie? Nee, ‘n duisend maal NEE! Dit is óns wat nie meer Sy voorskrifte volg en Sy Naam word nie meer oor ons uitgeroep nie. Ons kom by die tweede punt, die wegneem van die naam van die Verlosser. Dan is dit die vers in Handelinge 4:12 wat meld dat net deur daardie Naam die mens gered kan word. Dit sê dus baie duidelik dat die mens se fisiese beskerming hom ontneem word, asook sy geestelike beskerming. Met ander woorde, sy verlossing word hom ontneem deur die vertalers. Baie mense kom tot bekering in Jesus se Naam, maar min mense wandel werklik met JAHSHUA. Geagte leser, daar is, as u sou kans sien om te lees wat ek gaan skryf oor die vertaling, talle sulke verse wat so ‘n vervalsing inbring, die kerke stelselmatig sover van die waarheid af verwyder het sodat dit skrikwekkend is en is nou NABY aan die Een-Wêreldkerk of geloof.


SEKULÊRE NAVORSERS SÊ DIE VOLGENDE:


· The New American Encyclopaedia: " Jehovah" - (properly Yahweh) a name of the God of Israel, now widely regarded as a mis-pronunciation of the Hebrew "YHWH".


· The Encyclopaedia Britannica: the letters "YHWH" used in the original Hebrew Bible to represent the name of God.?


· The Oxford Cyclopedic Concordance: "Jehova" the name revealed to Moses at Horeb. Its real pronunciation is approximately Yahweh. The name itself was not pronounced Jehovah before the 16th century.?

· Webster`s New Word Dictionary: "Yahweh" - God, a form of the Hebrew name in the Old Testament. See Tetragrammaton.

· A History of Christianity, Kenneth Scott Latourette (p.11) Israel regarded the God, Yahweh, a name mistakenly put into the English as Jehovah, as the God of the univers, the Maker and Ruler of heaven and earth. Other peoples had their gods, but Yahweh was regarded by these monotheists as far more powerful than they.


· Early Christian writers, such as Clement of Alexandria in the 2nd century, had used the form "Yahweh", thus this pronunciation of the Tetragrammaton was never really lost. Greek transcriptions also indicated that "YHWH" should be pronounced " Yahweh

(Kommentaar: Daar moet ag geslaan word op die feit dat die Jode, let wel, nie die Israeliete nie, maar die Jode, nie die naam Jahweh wou uitspreek nie en dit is te verstane, omdat hulle Hom nooit aanvaar het nie en wou aanvaar nie, want as jy Jahshua sou verwerp, verwerp jy ook die Hemelse Vader. U kan gaan kyk in Johannes is daar baie uitsprake waar Hy dat hulle nie Sy volk is nie.)

Daar is mense wat werklik tot bekering kom en dan word die Heilige Name aan hulle geopenbaar. Weet u, as mense tog net meer na Jahweh en Jahshua wil luister en glo, as wat hulle hul predikers glo. Jahshua kan nie ‘n fout maak nie, maar ‘n prediker kan wel. Onthou, Jahshua het vir ons gesterf. Ek het nog nie gehoor van ‘n prediker wat vir ons gesterf het nie.


RELIGIEUSE NAVORSERS I.V.M. JAHWEH SE NAAM

  • Jewish Encyclopaedia: “Rabbinical Literature – The name Yahweh is considered the Name proper.” Vol.9, p.162.

  • Seventh-Day Adventist Bible Commentary: “And the name above all others that was looked upon as the name, the personal name of God, was YAHWEHVol.1, p172.

  • New Standard Bible Dictionary: JehovahproperlyYahweh”…The formJehovah” is impossible, according to the strict principles of Hebrew vocalization.”

  • A Greek - English Lexicon: "Kurios" equals Yahweh”. P.1013.

  • Jewish Quarterly Review: "In the biblical period Yahwehwas a proper name, the God of Israel, an ethnic God." April 1969, Dr. Zolomon Zeithlin.

Is dit nie interessant dat die Jode sê: Jahweh is die God van Israel”?

  • Review and Herald, December16, 1971:Yahweh is the name that identifies the God of the Hebrews”. Where the Philistines worshipped Dagon, the Egyptians Amon, and the Ammonites Milcom, the Hebrews worshipped YAHWEH. The title ‘god’ (elohim) is applied to false deities in the Scriptures as well as to Yahweh, hence is not a term by which one can be distinguished from others. When the voice said: I am Yahweh, there was no doubt in any listener’s mind as to the identity of the speaker.


DIE NAAM VAN ONS MESSIAS


Die vraag wat ‘n mens moet stel is: “Waarom het hierdie vervalsing of verdraaiing of uitlating dan plaasgevind?U sal agter kom met enige vervorming van die Bybel, dit wil sê, die Woord van Jahweh, daar meestal een of ander doel is tot die verskriklike mis- leiding van die mensdom, maar ook tot so ‘n mate dat hy vir ewig in die hel beland en dit is vir my die skrikwekkende. Dan is dit ook noodwendig dat mens die volgende vraag moet vra: "Deur watter gees word die vertalers gelei"? Die uitlaat van die Heilige Naam vind nie net in die Afrikaans plaas nie, maar ook in die Engels. Ek weet nie van die ander tale nie, maar daar is ‘n verskeidenheid van Bybels wat die Heilige Name eenvoudig uitlaat. Dan is dit nodig dat ons wéér gaan kyk na Handelinge 4:12: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” Deur hierdie egte naam van Jahshua weg te neem, het skrikwekkende gevolge. Wanneer u Handelinge 4 lees, sal u sien hoe belangrik die Naam en die gesag in Sy Naam is. Dit laat my dink aan jare gelede toe ek nog in die N.G. Kerk was. Radio Kansel het my gevra om van my preke uit te saai en ek het vir hulle een preek gestuur om te sien wat gaan gebeur. Dit het gehandel oor die gesag in Sy Naam. Daardie preek is tot vandag toe nie uitgesaai nie, en toe ek navraag doen, het hulle net gesê dit is te kontroversieel. Snaaks genoeg, dit was nogal ‘n vriend van my wat dit vir my gesê het. Mag ek verse aanhaal, Handelinge 4:7 waar daar staan: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?”

Vers 10: Laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jahshua Christus, die Nasaréner wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.” U sien dus dat die Naam baie belangrik is. Dit is so dat ‘n naam daar is om iemand te identifiseer en die Hebreeuse naam “Jahshua”, het in die oorgang van die een taal na die ander heelwat veranderinge ondergaan en dit is iets wat nie mag gebeur nie. Dit is interessant dat die naamsverandering in die Engels eers in die orde van 500 jaar gelede gebeur het. Voor dit was “Jahshua” en “Jahweh” gebruik. Soos reeds genoem is “Jah” ‘n verkorte vorm. Daarom is die Naam “Jahshua” so besonders, want dit beteken “Jah”,of te wel “Jahweh red”, of “Jahweh verlos”. Soos reeds genoem, kan duratiewe veranderinge plaasvind en ’n sinsnede wat dikwels gebruik word kan dan verkort. So het dit ook gebeur dat daar ‘n verkorting plaasgevind het “Jahshua” na “Joshua”, en die “Joshua” is dan nou uitgehaal en is vervang met “Jesus” en ‘n mooi voorbeeld van so ‘n fout wat gemaak is. In die “King James Version”, lees ons in Handelinge 7:45 soos volg: “Which also our fathers that came after brought in with Jesus, into the possession of the gentiles, whom God drove out before the face of our Fathers, unto the days of David”. "Jesus" is verkeerdelik hier ingevoeg. Dit lees in die Afrikaans as volg in vers 45: “En ons vaders het dit ontvang en met Joshua ingebring in die besitting van die nasies wat God voor ons vaders uitgedryf het, tot op die dae van Dawid”. Dit is ‘n besondere bewys hoe Jesus ingebring is in waar dit Joshua, die seun van Nun, moes gewees het.

  • Encyclopaedia Britannica (15th ed): “Jesus Christ…The same is true of the name Jesus. In the Septuagint it is the customary Greek form for the common Hebrew name Joshua; i.e. ‘Yahweh helps’. Following is an extract from the Oxford English Dictionary under “Jesus”. Jesus (dzï zbs) [a,L. Jësú-s, a Gr.1no oús, as, late hev, or Aram, yéhúde Jeshua, for the earlier y hóshùde, Jehoshua or Joshua (explained asJah (or Jhveh) is salvation’;cf y’shùcähsalvation, deliverance’, and Matt. 1.21), a frequent Jewish personal name, which, as that of the Founder of Christianity, has passed through Greek and Latin into all the languages of Christendom. Had the Saviour’s name been transliterated into Greek and Latin, the true and proper form would have been preserved.

  • A Dictionary of the Bible, by James Hastings: Jesus” - The Greek form of the nameJoshuaorJeshua”, “Jeshua” – “Yahwehis salvation orYahwehis opulence.”

  • New International Dictionary of New Testament Theology, vol.2, p.330: O.T. “Iesous” is the Greek form of the O.T. Jewish name “Yesua”, arrived at by transcribing the Heb. And adding an ‘s’ to the name. To facilitate declension. Yesua” (Joshua) seems to have come into general use about the time of the Babylonian exile in place of the older Yehosua”. The LXX rendered both the ancient and more recent forms of the name uniformly as Iesous”. Joshua the son of Nun, who according to the tradition was Moses successor and completed his word in the occupation of the promised land by the tribes of Israel, appears under this name… It is the oldest name containing the divine name Yahweh”, and means Yahweh is helporYahweh is salvation (cf. The verb yasa, help, save). Joshua also appears in one post-exilic passage in the Heb. O.T. (Neh. 8:17) as Yesua to the son of Nun, and not as in the older texts,Yehosua”. JESUS, [a saviour,] the Son of God, the Messiah, the Saviour of the world. This name is composed of “YAH”, or “JAH”, I shall be andSHUAPowerful; “I shall be the Powerful.” Hence he is mighty to save, and strong to deliver, “And willsave His people from their sins,” EXTRACT FROM Benjamin Wilson’s Emphatic Diaglott.

Verklaar net vir my die twee verse wat sê Jahshua het in Sy Vader Jahweh en die Heilige Gees, naamlik Jahruach, in sy Naam gekom. Daar moet dus ‘n gemeenskaplike naam wees, anders is die VERSE vals en dit is NIE VALS NIE. JAH is die gemeenskaplike Naam en:


· JAHWEH beteken “JAH IS EWIG”

· JAHSHUA beteken “JAH RED”

· JAHRUACH beteken “JAH SE GEES”.

‘n Teenargument is VALS en VERKEERD! Selfs die Name dui die Drie-Eenheid van ons God aan.

GEVOLGE VAN VERKEERDE NAAM

As gevolg van weerhouding van kennis en misleiding, het die waarskuwing van Jahshua (Joshua) presies net so in vervulling gegaan, maar is nie verstaan nie, naamlik Matthéüs 24:5: “Want baie sal onder My Naam kom en : Ek is die Christus! En hulle sal baie mense mislei.” Volgens Rapport se “Perspektief 18 Februarie 2001” sê Ruben Kruger: “In Lagos is daar Woensdae en Sondae 40 000 mense in die ‘profeet’ T. B. Joshua se kerk.” “The changing Face of the Church” sê op bladsy 44 die volgende: “Nigeria: Members of the Redeemed Evangelised Mission, a Pentecostal church in Lagos, pray and dance in the Spirit. Across Africa, 1200 new churches spring up every month.” Dit is baie.


  • As die mens net geweet het daar is ‘n uitverkiesing.

  • As die mens net geweet het dat nét die name van dié wat uitverkies is in die boek van die lewe geskryf is voor die skepping plaasgevind het (Dan 7:10; 12:1; Ex 32:32, 33; Lk 10:20; Ps 56:9; 69:28,29; 139:16; Jes 34:16,17; Filip 4:3; Openb 3:5; 13:8; 17:8; Openb 20:12, 15; 21:27; 22:19; Heb 12:23; Mal 3:16; Jes 4:3).

  • As die mens net besef het dat ‘n testament nét op die erfgename betrekking het.

  • As die mens net geweet het dat nét Israel uitverkies is.

  • As die mens net geweet het dat God sy Woord en Wet nét aan Israel gegee het.

  • As die mens net geweet het dat die Verbonde nét met Israel gesluit is.

  • As die mens net geweet het dat die Nuwe Verbond nét met die huis van Israel en die huis van Juda gesluit is (Jer 31:31-40; Heb 7:22; 8:6, 8-13; 9:15-28; 10:1-18; 12:22-24; Mark 14:23, 24; Mat 26:27-28; Luk 22:20; Rom 11:25-27; 1 Kor 11:25).

  • As die mens net geweet het dat die beloftes van die Messias nét aan Israel gemaak is. (Deut 18:15+18, 19; Hand 3:21-23; 7:37; Jes 7:14; 9:5 - 7; Jer 23:5, 6; Amos 9:11; Mig 5:2).

  • As die mens net geweet het dat die beloftes van die Heilige Gees nét aan Israel gemaak is (Joël 2:28-32; Eseg. 39:29; Jes 32:15; 44:3-5; 59:21; Sag 12:10; Luk 24:49; Joh 14:16, 17, 26; 15:26; Hand 1:4, 5; 2:17, 18, 38, 39; 14:16).

  • As die mens net geweet het dat nét Israeliete die Heilige Gees ontvang (Hand 2:1-21; Hand 10:45; Joël 2:28-32; Eseg 39:29; Joh 4:10; 7:38, 39; 14:16, 17, 26).

  • As die mens net geweet het dat Jahshua nét vir sy volk se sondes gesterf en betaal het (Mat 1:21-23; 2:6; 10:5-7; 15:24; Luk 1:31-33, 76-77; 2:10-12; 19:9, 10; Joh 3:16; 10:15; 11:49-52; 13:1; 15:13-16; 17:9; Jes 45:17, 18; 49:6-7; 53:8, 11, 12; Jer 31:31-40; Hand 3:22-26; 4:8-12; 5:31, 32; 13:23-26, 38, 39; 15:16, 17; Ef 5:25-27; Heb 2:16, 17; 8:8-13; 10:1-18; 13:12; Heb 13:12; 1 Pet 2:9).

  • As die mens net geweet het die Jode is nie die Israeliete nie, maar wel die Edomiete.

  • As die mens net geweet het dat net dié wat geskryf is in die boek van die lewe van die Lam in die Nuwe Jerusalem sal ingaan (Op 21:27).

  • As die mens net geweet het dat die poorte van die Nuwe Jerusalem nét die name van die twaalf stamme van Israel bevat (Op 21:12).

  • As die mens net geweet het dat God se Sabbat nooit afgeskaf of herroep is nie.

  • As die mens net besef het dat Sondag nie God se Sabbat is nie.

  • As die mens net geweet het ons Verlosser se naam is Jahshua (Joshua) en nie Jesus nie.

  • As die mens net geweet het daar sal valse mense kom in die naam van Joshua (T. B. Joshua).

  • As die mens net geweet het die duiwel doen verstommende wonderwerke. Mat 24:5, 11, 24).

  • As die mens net geweet het die duiwel na-aap alles.

  • As die mens net geweet het ons word gewaarsku in Matthéüs 24:5 en elders.

  • As die mens net geweet het die duiwel doen hom voor as die “engel van die lig” (2 Kor 11:13-15).

  • As die mens net geweet het dat die wat werklik gered is, deur die Heilige Gees afgeseël word, en nie deur T. B. Joshua genees word nie.

  • Daarom word party mense in Lagos genees en ander nie. Ons Hemelse Vader sê in Hoséa 4:6: “My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis.”


    [ Lees meer... ]