Die Getroue Getuie

.: Lees meer...
.: Watter Bybel…? Ou Vertaling of Nuwe Vervalsing?
GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD EN SY VOLK
AAN ALLE KINDERS VAN ONS HEMELSE VADER WAT DIE WAARHEID WIL ONTDEK:
UIT DIE PEN VAN BEN MAREE
Oorsprong van die Nuwe Afrikaanse Vertaling:
Oorsprong van die Nuwe Afrikaanse Vertaling
Dit is van kardinale belang dat Afrikaanssprekende Christene besef dat die grondteks van die Nuwe Afrikaanse Vertaling,
(Afrikaanse vertaling van die Rooms-Arminiaanse UBS-teks), deur die Rooms-Katolieke Kerk geformuleer is met die doel om
alle Christen Kerke – Afrikaanssprekendes ingesluit, onder beheer van die Rooms-Katolieke Kerk te bring.
Die boeke van ds. Ben Maree is ‘n moet vir elke soekende Bybelstudent en vir elke mens wat die waarheid sy deel wil maak. Dit handel oor die valshede wat die Christelike kerke verkondig. Die valshede word op grond van die Bybel en korrekte vertaling uitgewys, so ook die strawwe wat volg op die verwerping van die waarheid, verkeerd glo en doen. Die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds. Ben Maree beslaan 483 bladsye en is beskikbaar by:
Die oorsprong van die grondteks lê in die Tweede Vatikaanse Konsilie in 1962, wat byeengeroep is deur die “Rosekruiser”
(“New Ager”) Angelo Guiseppe Roncali, oftewel Pous Johannes XXIII. Tydens die Konsilie is die organisatoriese strukturele
eenheid van alle Christene onder beheer van die Rooms Katolieke Kerk as doelstelling geformuleer.
Riglyne is hierna deur die Vatikaan opgestel vir ‘n vertaling van ‘n “Bybel” wat aanvaarbaar sou wees vir beide
Protestante en Katolieke. Dit is gekanaliseer deur die “United Bible Society”. As vertrekpunt is die
“Oxford Movement se teks gebruik wat reeds sedert 1833 deur samewerking van die Vatikaan en die Arminiaanse
“Church of England” (Anglikane) se geleerdes aan die Universiteit van Oxford tot stand gebring is.
Hierdie Rooms-Arminiaanse UBS-teks is in 1965 aanvaar as die “algemene teks” vir Bybelvertalings vir die toekoms. Vir werk
aan die tweede uitgawe van hierdie teks, is die biskop van Milaan, Carlo M. Martini, in 1968 deur die Vatikaan op die
komitee aangestel. Geeneen van die paneel was Gereformeerdes nie en alle bepalings is deur die Vatikaan beheer.
Op 10 Januarie 1968 is ‘n Vatikaanse studiestuk uitgereik as finale riglyn vir nuwe Bybelvertalings, bekend as die
“Guiding Principles For Inter-Confessional Co-operation In Translating The Bible”
Dit is aanvaar deur die Uitvoerende Raad van die UBS, asook die Uitvoerende raad van die Vatikaan vir die bevordering van
“Christelike Eenheid”.
Die derde uitgawe van hierdie Rooms-Arminiaanse UBS-teks is gebruik as teks vir die Afrikaanse “Die Bybel, Nuwe Vertaling”,
soos uitgegee deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1975
Die aanvoorwerk vir die aanvaarding van die vertaling in Suid-Afrika, is gedoen deur dr. Eugene Nida, “Sekretaris vir Vertalings aan die Amerikaanse Bybelgenootskap” en “wêreld bekende oor die metodes en tegnieke van vertaling”. Dit is gedoen tydens ‘n seminaar vir Bybelvertaling wat gehou is vanaf 1 tot 6 Julie 1968 aan die Universiteit van Pretoria.
In “Die Kerkbode” van 20 November 1968 is berig dat die seminaar op 5 Julie besluit het dat: “…die vergadering van oordeel
is, aangesien die bestaande Afrikaanse Bybelvertaling in 1933 deur die Afrikaanse kerke in Suid-Afrika aanvaar is slegs
nege jaar nadat Afrikaans amptelike taal geword het, die tyd nou aangebreek het dat gewerk word aan ‘n hernieude vertaling,
wat rekening hou met die ontwikkeling van Afrikaans in die afgelope tydvak, en die resultate van wetenskaplike ondersoeke
so getrou as moontlik aan die grondteks ‘n waardige vertaling wat ons volk aanspreek binne en buite die kerk, in die
erediens en huislike gebruik in ons teenwoordige situasie en tyd.”
Vertalers:
Die eind redaksie van die Afrikaanse vertaling van die Rooms-Arminiaanse UBS-teks het bestaan uit prof. E.P Groenewald (voorsitter), prof. J.P Oberholzer, prof. T.J. van der Walt, prof. W. Kempen en prof. A.H. van Zyl (sekretaris). Ander vertalers was prof. E.S. Mulder, wat na sy sterfte opgevolg is deur prof. J.P. Oberholzer. Prof. S. Du Toit het in 1974 uitgetree en is vervang deur prof. J.L. Helberg. Medewerkers was prof. F.J. Botha, prof. G.M.M. Pelser, dr. J. Postma en prof. W.C. van Wyk. Vier taal adviseurs was prof. W. Kempen, prof. W.E.G. Louw, prof. G.S. Nienaber en prof. Hertzog Venter.
Die aanvanklike aanvoorwerk vir die nuwe vertaling is gereël deur ds. T.J.M. de Jongh van Arkel, destydse sekretaris van die Bybelgenootskap.
Die vermelding van hierdie name impliseer nie dat hierdie vertalers en medehelpers se bedoelings kwaadwillig was nie. Daarenteen is die vertalers ‘n antwoord aan Afrikaanse Christene verskuldig oor hul aanvaarding van die Rooms-Arminiaanse UBS-teks as grondteks.
Het hulle geweet van die Rooms-Katolieke Kerk se motiewe met hierdie teks? Kan dit wees dat Vrymesselaars in hul geledere gesorg het vir die aanvaarding van hierdie teks? En hoe regverdig die vertalers die afwykings in die Nuwe Afrikaanse Vertaling wat op sommige plekke selfs hul eie vertaling in die Bybel weerspreek?
Boeke:
In teenstelling met die aanvanklike gebrek aan inligting oor die Nuwe Afrikaanse Vertaling, verskyn daar tans etlike publikasies wat die Ou Vertaling verwerp en die Afrikaanse van die Rooms-Arminiaanse UBS-teks in Suid-Afrika bevorder. Voorbeelde hiervan is:
“In Die Begin was Die Woord: Die Angrypende Verhaal Van Die Bybel” deur Günther S. Wegener, en uitgegee deur Human en Rousseau. Hierin word onder andere aangevoer dat die Afrikaanse vertaling van 1933, nie van die jongste vertalings metodes gebruik gemaak het nie en dat die Bybel, asook die Statevertaling, dus van minderwaardige betekenis is en deur die Nuwe Vertaling vervang moet word.
“Feite En Foute: Oor Bybeltekste en Bybelvertalings”, deur prof. P.F.D. Weiss. Hierin word die bestaande weerstand teen die “Nuwe Afrikaanse Vertaling” as ‘n natuurlike reaksie afgemaak wat mettertyd sal verdwyn. In die publikasie wys prof. Weiss ook op die foute van die Ou Vertaling, ten einde die gebreke van die Afrikaanse vertaling van die Rooms-Arminiaanse UBS-teks te verdedig. Hy verwerp ook die begrip: “Elke woord in die Bybel kom direk van God”.
Prof. Weiss beweer ook dat die Afrikaanse Vertaling van die Rooms-Arminiaanse UBS-teks nie van “Roomse” afkoms is nie. Dat daar foute in enige vertaling sal wees, is sekerlik menslik. Daarenteen is die vertalers se motiewe en keuse van grondteks belangrik.
As vertalers die verkondiging van die ware Woord van God ten doel het, sal ‘n mens die foute in ‘n ander lig beoordeel as in die geval van ‘n grondteks wat gemik is op die manipulering van Christene. En hiermee impliseer hierdie skrywer nie dat skrywers soos Günther S. Wegener, prof. P.F.D. Weiss, of die vertalers van die Afrikaanse vertaling van die Rooms-Arminiaanse UBS-teks, doelbewus poog om Christene te manipuleer nie. Dit kan wees dat hul onwetend daaraan meedoen.” Tot sovêr die aan aanhaling uit die boek van dr. W.P.D. de Waal.
‘n Sekere Bybelnavorser en professor het die volgende inligting beskikbaar gestel. Hierdie bewyse word gestaaf op sy videos wat hy vrygestel het en dit is ongelooflik om te sien hoeveel vervalsings daar is. Sekere hoofstukke is net eenvoudig uitgehaal.
Die weglatings en vervalsings kom in die volgende Bybels voor:
N.A.S. (New American Standerd) = 909
R.V. (Revised Version) = 788
N.W.T. (New World Translation) = 695
A.B. (Amplified Bible) = 484
D. (Dooye) = 421
O.J.W.B. (Old Jehova Witness Bible) = 120
N.K.J.V. (New King James Version) = 1200
Vervalsing In Die Nuwe Testament:
Afkortings wat gebruik word is soos volg:
O.A.B. Ou Afrikaanse Bybel.
N.A.B. Nuwe Afrikaanse Bybel.
N.W.T. New World Translation (Jehova Getuies).
N.I.V. New International Version.
N.A.B VERGELYK MET N.W.T (JEHOVA GETUIES BYBEL)
Die volgende is ‘n aanhaling uit die boek van M. Günther met die titel “Van die Nuwe Testament tot ons Bybel”, van bl. 53 tot 61.
Dit is maklik om die “T.R. MSS” te kritiseer en as “swak” en “verouderd” te beskou. Die leser behoort egter kennis te dra van die feit dat die N.A.B. en die N.W.T. (Jehova getuies se Bybel) feitlik identies ooreenkom. Indien die N.A.B. en N.W.T. vergelyk word, word gevind dat presies dieselfde verse in beide vertalings vermis word.
Die vraag wat egter gevra moet word, is: Waarom sou die Russelliete dieselfde MSS gebruik as al die Rooms georiënteerde teoloë deur die eeue? Die antwoord is duidelik: Hul teologie is gemik teen die Godheid van Christus.
Dit is ’n bekende feit dat die Jehova getuies nie glo dat Jesus God is nie. Vroeër het alle evangeliese Kerke die Russelliete
as ’n dwaling en sektaries beskou, maar tog aanvaar die meeste Afrikaanse teoloë (veral Gereformeerd), die N.A.B. wat eintlik ‘n Afrikaans vertaalde Jehova getuie bybel is. Is dit nie snaaks hoe tye en waardes verander nie?
Sommige predikante het selfs geweier om die Russellitiese sekte in hul lidmate se huise toe te laat. Tog stem hulle saam dat die N.A.B. of Afrikaans vertaalde N.W.T. Bybel in hul huis en kerk gebruik mag word. Indien die N.W.T. en N.A.B. vergelyk word, dan is daar tog verskille, maar sou enige persoon beide lees, dan besef hy dit is dieselfde Bybel.
Uit die 216 vergelykings tussen die O.A.B, N.W.T en die N.A.B, verskil die N.W.T en N.A.B feitlik glad nie, terwyl beide van die Bybels in al hierdie verse van die O.A.B. verskil. Selfs by die noem van bogenoemde feite is die meeste mense absoluut geskok.
Ek nooi egter elke persoon om die feite self te ondersoek om sodoende sy eie gevolgtrekking te maak. Die Christelike boekwinkels in Suid-Afrika dra daartoe by om die N.A.B. te versprei en kan ook meehelp tot die ondersteuning van die Jehova getuies se argument dat Jesus nie God is nie.
Die “hoër kritiek” stem saam dat Jesus se Godheid nêrens in die O.T. aangetoon word nie. Vergewis uself met die skreiende aantasting van Jesus se Godheid in die O.T. en N.T.
Die nag het vêr gevorder. Dit is amper dag en ons volk slaap vas terwyl hulle ten gronde gaan weens gebrek aan kennis.
Kom ons kyk na die subtiele aanslag op die Name van die Drie-Enige God.
Volgens die N.A.B. is weggelaat;
Jesus......31
Ander.....06
Here.......24
God........16
Christus..41
Totaal.....118
Die Russellitiese Bybel het die Naam van Christus een keer meer as die N.A.B. in Openbaring 22:17!
Die “drie-in-een Bybel” wat die N.I.V. en die N.A.B. teenoor die O.A.B. afspeel, tas Jesus se Godheid net so skreiend aan.
Omdat die N.I.V. (New International Version) en die N.A.B. ooreenkom, stel die “drie-in-een Bybel” sê vergelyking met die O.A.B. en kyk hoeveel keer die Drie-Enige God se Name aangetas word.
N.I.V.
Jesus...30
Christus...43
Here...35
God...26
Ander Name...26
Gees...3
N.W.T
Jesus...31
Christus...41
Here...24
God...16
Ander name...16
Gees...3
N.A.B.
Jesus...31
Christus...41
Here...24
God...16
Ander Name...16
Gees...3
O.A.B.
Jesus...0
Christus...0
Here...0
Ander Name...0
Gees...0
Onder “Ander Name” kan daar nog heelwat weglatings voorkom onder die N.W.T. en die N.A.B, maar uit die 216 vergelykings tussen die twee Bybels verskil hulle feitlik glad nie!
Is daar nog iemand wat die feit wil betwis dat die N.A.B en N.W.T. op dieselfde MSS gebaseer is? Die volgende ander belangrike leerstellings word ook deur die twee Bybels aangetas: God se oordele; die hel; eersgeborene; bekering; heiligmaking; aanslag op die bevestiging van O.T. profeet in die N.T; die hemel; belangrike verse word uitgelaat; en Jesus se Koningskap.
Die Arminiaanse invloed in beide bogenoemde boeke is volgens die skrywer ’n ernstige aanklag, want dit is hoe die gees van die Antichris werk – Jesus se Godheid moet geloën word sodat hy (die Antichris) as die ware “Christus” na vore kan tree om talle mense te mislei.
Die Godheid van Christus word natuurlik nie heeltemal uit die N.A.B. weggelaat nie, maar die belangrikste verse sowel as die Name van die Drie-Enige God word weggelaat.
Vir die lesers wat belangstel, ek kan vir u die lys met die 216 vergelykings waar die N.A.B. en die N.W.T. Bybel vergelyk word met die O.A.B – die ware woord van God, e-pos of faks op aanvraag.
Terwyl u die lys sorgvuldig deurgaan, sal u terugdink aan Origen en sy volgelinge wat Jesus se Godheid verwerp het en die vader van die Sianticus en Vaticanus geskrifte.
Die moontlikheid is baie groter dat die verkorte kritiese teks vals is, want die weglatings spreek eerder van korrupsie as byvoegings. Maar soos reeds bewys, het die teks wat vir die N.A.B. gebruik is, reeds in die vroegste eeue n.C. bestaan.
Die vertalers was selfs inkonsekwent met betrekking tot hul grondteks, want volgens hulle is die Alef en BMSS wat van die
bel angrike MSS, Markus 16:9 – 20 uitlaat. Indien hulle konsekwent opgetree het, moes hulle eintlik die gedeelte ook in die
N.A.B. uitgelaat het en ook ’n paar Apokriewe boeke ingevoeg het, want dit kom in die N.A.B. se MSS voor!”
Tot sovêr die aanhaling.
Kommentaar:
Die woord sê in 1 Johannes 4:1-5: “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is,
want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan”
Vers 2: “Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jahshua Christus in die vlees gekom het, is uit God;”
Vers 3: “en elke gees wat nie bely dat Jahshua Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom en hy is nou al in die wêreld.”
Vers 4: “Julle is uit God, my kinders en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.”
Vers 5: “Hulle is uit die wêreld: daarom praat hulle uit die wêreld en die wêreld luister na hulle.”
Elke kerk wat dus die N.A.B. aanvaar, identifiseer hulleself volgens 1Johannes 4:3 as “nie uit God nie” en is beset deur die gees van die Antichris.
Om die Godheid van Jahshua (Jesus) te ontken en uit te vertaal, is die gemeenste en vuilste verraad teen die mensdom, want Hy het ons verlossing bewerk met die wreedste dood denkbaar.
Onthou Jahshua (Jesus) het die uitstorting van die Heilige Gees bewerk. Deur Jahshua (Jesus) te verwerp sal beteken dat die Heilige gees ook nie hulle deel sal wees nie. Dan volg dit noodwendig dat die gees van die Antichris hulle deel sal wees. Dit is juis hierdie gees wat maak dat sommige, selfs ernstige predikers nie die sataniese misleiding kan raaksien nie, nieteenstaande dat sommige ’n hoë intellek het.
Beplan Weer ’n Nuwe Vertaling:
‘n Internasionale sakeman, Frans Bezuidenhoudt, het gesê; “Soos die politiek verander, so sal die Bybel verander word deur valse vertaling. Daar is die apartheidsera-vertaling, toe die vermengings-vertaling en nou sal die ANC-kommunistiese vertaling volg”. En dit is so waar, so waar!
Hiermee saam kry ons die teoloë wat ‘n nuwe aangepaste ideologie verkondig, naamlik dat enige persoon deur enige “god” gered kan word.
Mag die Hemelse Vader vir u ‘n oor gee omte hoor wat Hy vir ons in Sy woord wil sê. Mag u ook die verantwoordelikheid ervaar om hierdie kennis uit te dra.
Net om u ‘n voorsmaak te gee, in die nuwe vertaling is Handelinge 8:37 uitgelaat, sodat die valse doop verkondig kan word. Met ander woorde, die “besprinkeling” doop.
Vuurklip Str. 541
Die Wilgers
Pretoria
Posbus 70770
Die Wilgers
0041
Tel: 012 807 0434
Fax: 012 807 0434