.: Inligting :.

.: Ander inligting





BAIE BELANGRIK: "Jahweh" word deur die taalkundiges aanvaar as die Eienaam van ons Hemelse Vader en so ook "Jahshua" Sy Seun in die plek van "Jesus". Omdat 'n eie naam nooit vertaal kan word nie, verkies die skrywer om die oorspronklike Name te gebruik. Waar die Bybel aangehaal word, word dit soms gedoen soos dit daar geskryf staan. Weet egter dat ons van niemand anders praat nie, as van die God van Abraham, Isak en Jakob en van Sy Seun die Messias, ons Verlosser.

_______________________________________________________________

Gaan uit haar uit, my volk!

Openbaring 18:4 "En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie."

2 Kor 6:14-18 "Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? (15) En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? (16) Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. (17) Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Meester; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; (18) en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek Jahweh, die Almagtige."

Jer 51:6 "Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir Jahweh: Hy gee hom sy verdiende loon."

_______________________________________________________________


GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD SE VOLK (1)

AAN ALLE KINDERS VAN ONS HEMELSE VADER WAT DIE WAARHEID WIL ONTDEK:

UIT DIE PEN VAN BEN MAREE

GODSDIENSVERRAAD (1)

Vanuit die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds.Ben Maree:

In hierdie boek word eeu-oue waarhede wat verswyg word of verdraai of vervals is, blootgelê.


Die Heilige Name

Is die naam van ons God en hemelse Vader “Here?”

Nee, sekerlik nie. Almal wat in die vier susterskerke geskool is, weet dat dit JAHWEH is. Hoe is dit moontlik dat die Naam uitvertaal is en dat dit selde, indien ooit, gebruik word? Die vraag is: “Is ‘n naam vertaalbaar?” Is “Pretoria” of “Johannesburg” vertaalbaar na ‘n totaal ander naam? Is u eie name vertaalbaar? Dat die uitspraak varieer van taal tot taal is wel so, maar ‘n naam kan nie vertaal word nie. Hoekom is ons Hemelse Vader se Naam uitvertaal? Vir die argument van die saak sal die korrekte Name, Jahweh en Jahshua, gebruik word in die gekwoteerde verse. [ Lees meer... ]

_______________________________________________________________

Openbaring 1:3-6 “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. (4) Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is, (5) en van Jahshua Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed (6) en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amein.”

Ps 1:1-6 "Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; (2) maar sy behae is in die wet van JAHWEH, en hy oordink sy wet dag en nag. (3) En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. (4) So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.(5) Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. (6) Want Jahweh ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan."

_______________________________________________________________


GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD SE VOLK (2)

AAN ALLE KINDERS VAN ONS HEMELSE VADER WAT DIE WAARHEID WIL ONTDEK:

UIT DIE PEN VAN BEN MAREE

GODSDIENSVERRAAD (2)

Die tweede uittreksel vanuit die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds.Ben Maree:

In hierdie boek word eeu-oue waarhede wat verswyg word of verdraai of vervals is, blootgelê.


Die Doop

 

Die doop is een van die belangrikste gebeure in die lewe van ‘n mens. Nêrens in die ganse Woord staan daar dat kindertjies besprinkel of gedoop moet word nie. Oral waar die doop behandel word, handel dit oor iemand wat tot bekering gekom het, glo en dan gedoop moet word. Die doop is die simbool van die aflegging van die ou lewe en die opstaan in ‘n nuwe lewe. Soos wat Jahshua ‘n ou lewe afgelê het en opgestaan het in ‘n verheerlikte lewe. Dit is die beginpunt van die wandel van ‘n kind van die Hemelse Vader met Hom. Hierdie beginpunt is afgesny deur ‘n vervalste teologie. [ Lees meer... ]

_______________________________________________________________

Jes 43:5-7 "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het."

Jes 43:15 "Ek is Jahweh, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning."

_______________________________________________________________


GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD SE VOLK (3)

Die derde uittreksel vanuit die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds.Ben Maree:

 

1. VERRADERLIKE BYBELVERTALING

Dit is seker die mees ontstellend en gemeenste verraad om die Bybel op verraderlike wyse te vertaal, want daar is nie baie mense op straat wat met die Grieks, Hebreeus en Aramees kan omgaan nie. Daar is duidelik drie vervalsingstegnieke of – strominge bepaalbaar:

 

(i)      Om met die wetenskap te bots en die Bybel belaglik te maak.

 

(ii)  Om in die eenwêreldregeringspolitiek (Nuwe Wêreldorde) te pas – dit wil sê 'n politiese vertaling.

 

(iii)  Om binne die Gereformeerde dogmatiek te pas.


[ Lees meer... ]

_______________________________________________________________

Joh 14:15-17 "As julle My liefhet, bewaar my gebooie. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees."

Spr 30:7-9 "Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is JAHWEH? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie."

_______________________________________________________________


GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD SE VOLK (4)

Die vierde uittreksel deur Len Smoog, vanuit die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds.Ben Maree:

In hierdie boek word eeu-oue waarhede wat verswyg word of verdraai of vervals is, blootgelê.

 

AAN ALLE PREDIKERS:

 

(1) Uit die boek "Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig" deur ds . Ben Maree:

 

“In Genesis 1: 25 die Hemelse Vader vir ons: “En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.”

 

In Levitikus 26:6 staan die volgende: “Ook sal ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.”


[ Lees meer... ]

_______________________________________________________________

Jes 30:27-28 "Kyk, die Naam van JAHWEH kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos 'n verterende vuur, (28) en sy asem soos 'n oorlopende stroom wat tot by die nek kom--om nasies te sif met 'n sif van vernietiging; en 'n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke."

Mal 2:10 "Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?"

_______________________________________________________________


GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD SE VOLK (5)

Die vyfde uittreksel deur Len Smoog, vanuit die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds.Ben Maree:

In hierdie boek word eeu-oue waarhede wat verswyg word of verdraai of vervals is, blootgelê.

 

AAN ALLE PREDIKERS:

 

Uit die boek: “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds. Ben Maree:

“Die “Oop-vir-almal-teologie” word hoofsaaklik gebaseer op ‘n vers soos Matthéüs 28:19 wat verkeerd verstaan word: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”

 

Al die nasies is spesifieke nasies. “Die” is ‘n bepaalde lidwoord. Wanneer die vers gekwoteer word, word normaalweg gesê “alle” nasies. Dit is nie korrek nie. In die Grieks staan daar panta ta ethnewat letterlik vertaal sou word as “al die, dié nasies”. Dit beteken al die spesifieke nasies (ethne – van dieselfde ras). Dié nasies is net die Israelnasies, kinders van Adam, d.w.s. Adamiete, die fisiese nageslag van Abraham, Isak en Jakob.

[ Lees meer... ]

_______________________________________________________________


GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD SE VOLK (6)

DIE OPLOSSING VIR ONS EN ONS LAND soos verwerk deur Len Smoog:

In hierdie gedeelte word eeu-oue waarhede wat verswyg word of verdraai of vervals is, blootgelê.

 

DIE OPLOSSING VIR ONS EN ONS LAND

 

 

Die Boervolk of die Afrikanervolk, is hier in Suid-Afrika geplant deur die Almagtige God van Hemel en Aarde. Sedert 1652 het hier Duitsers, Hollanders, Hugenote en Engelse in 1822 hier aangekom. Die groot gros van hierdie mense was raseg en Godvresend. Daar is baie Engelse met boere harte wat deel uitmaak van hierdie volk. Die Boervolk is `n unieke volk, hulle is saamgestel uit verskillende stamme van die volk ISRAEL. Ja! U lees reg, dit is presies wat ons is. Ons voorouers het na hulle ballingskap in Assirië oor die Kaukasiese berge getrek, Europa binne gedring en hulle volgens hulle stamme in verskillende gebiede gevestig en daar het hulle in die volke van Europa ontwikkel soos ons hulle vandag ken. Dit is hierdie volke, Duitsers, Hollanders, Hugenote, Engelse, Skote, Iere, ens. wat deel uitmaak van die volk Israel en hulle vanaf 1652 in Suid-Afrika kom vestig het. Deur die Bybel, die geskiedenis en volkekunde is daar baie leesstof wat dit kan bewys. Hierdie land is ONS land en dit is aan ons gegee deur die Hemelse Vader en daar is baie leesstof wat dit ook bewys.

 

Daar is net EEN oplossing vir ons land en daar is twee maniere om dit te kan doen.



[ Lees meer... ]

_______________________________________________________________

Mal 4:1-6 "Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê Jahweh van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. (2) Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. (3) En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê Jahweh van die leërskare. (4) Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel--insettinge en verordeninge. (5) Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van Jahweh aanbreek. (6) En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie."

Onthou, jy word NOU geroep: "Kom uit Babel!", môre mag dalk te laat wees!! Onthou die woorde van Jahweh aan Esegiël in hoofstuk 3:18-21
(18) "As Ek aan die goddelose sê: [1] 'Jy sal sekerlik sterwe' -- en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. (19) Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. (20) En as 'n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek 'n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. (21) Maar as jy die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered."
[1] Vergelyk 18:20-32 & 33:8-20.



_______________________________________________________________

GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD SE VOLK (7)

AAN ALLE KINDERS VAN ONS HEMELSE VADER WAT DIE WAARHEID WIL ONTDEK:

UIT DIE PEN VAN BEN MAREE

GODSDIENSVERRAAD (Die Doop)

Vanuit die boek “Die Doop van God of van Calvyn” deur ds. Ben Maree: soos verwerk deur Len Smoog.

In hierdie gedeelte word eeu-oue waarhede wat verswyg word of verdraai of vervals is, blootgelê. Asook die leuens wat van preekstoele af verkondig word.  

INLEIDING

Geagte Leser

 

Hierdie reeks boekies is die resultaat van 17 jaar se navorsing. Dit was beplan om as ‘n enkele boek uitgegee te word. Die tyd is egter so kort voor die totale ineenstorting van Suid-Afrika dat elke stuk wat klaar geskryf is, gepubliseer sal word.

 

Gedurende Julie1976 (my laaste jaar op Stellenbosch Kweekskool) het ek op Hartbeespoortdam in ds. Awie Viljoen se gemeente afgelos. Gedurende dié tyd het die Soweto-opstande plaasgevind, waartydens ek toe uitsprake teen die Illuminati gemaak het. Dit is op ‘n verdraaide wyse in Beeld weergee.

 


[ Lees Meer... ]