Die Getroue Getuie

.: Tuisblad :.
.: Wie is Ben Maree?
.: Ben Maree was 'n:
:- Dienskneg van Jahshua Messiah
:- Christenleraar
:- Christenskrywer
:- Kampvegter vir die volle waarheid van die Christelike geloof
:- Christenleraar
Ben Maree is oorlede op 18 September 2015
.: Christenskrywer
Ds. Ben Maree het verskeie Christelike boeke geskryf. Die lys verskyn onder die opskrif "Boeke".
.: Welkom by Die Getroue Getuie!
"En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak" (Joh 8:32).
"Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon" (Op. 2:13).
BYNA 2000 JAAR SE MISLEIDING, VERMENGING MET AFGODERY, LEUENS EN VALSE EVANGELIE BLOOTGELê. DIE GODSDIENSVERRAAD TEENOOR GOD EN SY KINDERS WORD ONTHUL. AS JY DIE WAARHEID KAN VAT, LEES ASB. ALLES!
My naam is Ben Maree en ek gee nie voor dat ek die getroue getuie is nie. Hartlik welkom by Die Getroue Getuie. Hierdie webwerf getuig van die waarheid wat so baie lank van God se kinders weggehou is. Voel welkom om rond te blaai, asook om die feite en waarhede wat elke kind van ons hemelse Vader móét weet, te bestudeer. Loer ook gerus in by my boeke en die skakels. Hierdie webwerf is bedoel vir al die kinders van ons hemelse Vader wat die waarheid wil ontdek! Ontdek weer eeu-oue waarhede, bevele, beloftes en verbonde in God se Woord wat verswyg word, nie meer verkondig word nie of verdraai word.
Die Getroue Getuie is 'n webwerf waar God se Woord sentraal staan. Nie die mens, die tradisie of die kerk nie, maar die Bybel bepaal wat ons glo, bely en hoe ons God in gehoorsaaheid móét dien, eer loof en prys. Die Weg van Verlossing, die Godheid van Jahshua Christus en ons hoop op die ewige lewe in die nuwe Jerusalem staan voorop. Ons hemelse Vader het sy Woord vir ons gegee waarin Hy vir ons alles bekend maak wat ons nodig het om Hom reg te dien, eer, loof en te prys en om vir ewig by Hom te wees. Om hierdie rede is die Woord van God die bron van alles wat ons moet glo en doen. Die strewe is: "Om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in [Hom] vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang" (Hand 26:18). "Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!" (Ps 147:19-20).
Wat is die naam van die god wat jy dien? Het hy 'n naam? Weet jy wat is die Naam van die Almagtige Vader en van sy Seun? Dien jou kerk die lewende God, die Skepper en onderhouer van die heelal, wie se heilige Naam JAHWEH is, of dien jou kerk vir Baäl wie se naam "Here" is? Jahweh van die leërskare, is die God van Abraham, Isak en Jakob. Hy is sy kinders se Hemelse Vader. "Die Here" is nie 'n naam nie. Dit is belangrik dat jy die Almagtige Vader en sy Seun se Naam sal ken. Hoe kan jy Hom aanroep, aanbid en dien as jy nie Sy regte Naam gebruik nie? Ex 23:20-21 "Kyk, Ek stuur 'n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het. (21) Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom". Spr. 30:4 "Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun--as jy dit weet?"Joh 5:43 "Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.
Jahshua leer ons om só te bid: Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word.Hos 2:15-17 "Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot 'n deur van hoop, en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het. (16) En in dié dag, spreek Jahweh, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie. (17) Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie."Sag 13:9 "Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos 'n mens silwer smelt en hulle toets soos 'n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: JAHWEH, my God!
Aanbid jou kerk ons Helmelse Vader op die sewende dag, die heilige Sabbat wat nog nooit deur Jahweh opgehef is nie, of aanbid julle op die Sondag wat deur die Baälprofete ingestel is? Dien jou kerk die Almagtige God net soos Hy in sy Woord beveel, of dien julle Hom met mensgemaakte godsdiens en soos dit vir julle lekker is? Dien jy Jahshua, die Seun van Jahweh, wat net vir God se uitverkore kinders en volk gesterf het, of dien jy Jesus wat almal vrygemaak het? Het Jahshua vir jou sondes gesterf en betaal, of het Calvyn of jou prediker vir jou versoening met die Vader gedoen? Ps 16:4-5 "Die smarte van hulle wat 'n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie. (5) JaHWeH is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot." Ex 23:13 "En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie." Jos 23:6-8 "Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie; (7) dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie; (8) maar JAHWEH julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.Jos 24:15 "Maar as dit verkeerd is in julle oë om JAHWEH te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal JAHWEH dien.
Baie mense het die waarheid verruil vir die leuen en volg die Baälpriesters. Al hierdie bewyse en antwoorde is in die Woord van God en word bespreek in Ben Maree se boeke. "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. (2) Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jahshua Christus in die vlees gekom het, is uit God; (3) en elke gees wat nie bely dat Jahshua Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld (4) Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. (5) Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle. (6) Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling." (1 Joh 4:1-6).
Die hoofdoel van Die Getroue Getuie is die verkondiging en verdediging van die onvervalste evangelie van ons Meester Jahshua Christus. Ons hemelse Vader eis van ons absolute en onvoorwaardelike gehoorsaamheid. God hou nie sy kinders in die duister nie, maar leer ons presies en duidelik hoe ons Hom móét dien. God wil op geen ander wyse gedien word nie. Spreuke 12:13-14 "Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg." Die vermenging van ons godsdiens met die afgodediens, word ontbloot deur die waarheid van die Heilige Skrif.
Ps 103:17, 18 "Maar die goedertierenheid van JAHWEH is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders, vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.
Verder is dit noodsaaklik dat elke kind van God die volle waarheid oor God se uitverkiesing hoor en vir wie Jahshua Christus kom sterf het. Hierdie waarheid word van die meeste kinders van God weggehou. Hos 4:6 "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. Die leuen moet dus openbaar word sodat mense na die waarheid kan terugkeer en Jahshua se vrymakende krag kan ervaar.
Ps 119:27-30 "Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink. (28) My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord. (29) Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet. (30) Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel."
Kontak my gerus vir enige verdere inligting.

Aflaai Online Bybel Beginpakket gratis (10,32 MB)
