.: Boeke te koop :.

.: Nuutste Boeke :.








- Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig-

- Paulus en sy veldstoeltjie-

- Uitverkiesing; so logies en noodsaaklik-


.:Kontak HUTTEN-BUCHDIENST vir die bestelling van boeke.

--Tel: 012 807 0434


.: Ben Maree se boeke




.: Die Doop - van God of van Calvyn?

Dit is 'n boekie van 47 bladsye wat uitwys dat selfs die 1933 vertaling by sekere tekste vervals is om die dogmatiek van die bababesprinkeling te regverdig. In die Griekse teks staan daar elke keer "in water" of "in die water" en nie soos dit in hierdie vertaling staan "met water" nie. Ook wys dit uit dat Calvyn basies die doop van die gelowige baie pragtig argumenteer in sy "Institusie", maar dan swaai hy dit na die bababesprinkeling om in die Rooms-Katolieke dogma te pas. Dit is immers die Rooms-Katolieke wat die bababesprinkeling ingestel het. Hierdie is 'n uiters gevaarlike vervalsing wat 'n okkultiese binding meebring op elke kind wat besprinkel is. Lees verder van die leuens waarop hierdie valse dogma gebou is.


.: Onvergeefbare Sondes

Dit is 'n boekie wat 97 bladsye bevat, wat handel oor die verskillende onvergeefbare sondes waaroor niemand skryf nie, en niemand wil skryf nie, want niemand wil glo dat daar sondes is wat nie vergewe word nie, en as jy dit gesondig het, is die hel jou voorland. Ook word die sonde teen die Heilige Gees hierin verduidelik en dit is nie soos wat die Gereformeerde Leer dit verkondig nie. Die merk op die voorhoof en hand is van uiterste belang en word hierin verduidelik. Dit is baie belangrik dat ons dit weet en besef, want die Rooms-Katolieke kerk tree al sterker na vore, en van die gewildste predikers sluit aan by sekere geheime organisasies wat deur die Rooms-Katolieke kerk beheer word. Miskien is jou gunsteling prediker ook lid van so 'n organisasie en in diens van die duiwel. Kry die boek en lees meer hieroor.


.: Die A.G.S. Kerk en Israel

Hierdie boekie het 21 bladsye en dit bavat 'n antwoord aan pastoor Lukas Jacobs wat 'n aanval geloods het op die Israel-waarheid. Hierdie boekie is besonder gewild.


.: My kerk en God se Woord

Hierdie boekie beslaan 21 bladsye en is basies 'n bedankingsbrief wat gerig is aan verskillende kerke en wys die valshede van die kerke uit. Verkondig jou kerk hierdie valshede. Lees die boekie en vind uit.


.: Satanisme in Suid Afrika

Dit is 'n boek wat 409 bladsye beslaan. Hierdie boek word deur professor Tom Gouws beskryf as die beste gedokumenteerde boek ten opsigte van hierdie onderwerp in die węreld. Professor Tom Gouws is 'n kenner op hierdie gebied en wat belangrik is van hierdie boek, dit is die eerste boek wat op die Woord-gefundeerde basis die "incubi" en "succubi" oopvlek en verduidelik. Dit is vir ons in Suid Afrika van uiterste belang.


.: Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig

Dit is 'n boek wat 489 bladsye bevat, wat handel oor die godsdiensverraad wat deur die valse kerk teen die Christene gepleeg is en wat nou nog in kerke beoefen word. Hierdie boek is noodsaaklik vir elkeen wat ernstig is oor die Christengeloof, die waarheid en om God reg te dien, te eer en te prys. Hierdie boek sal geen kind van God onaangeraak laat nie. Bestel die boek en lees meer hieroor. [ Lees meer... ]


.: Paulus en sy veldstoeltjie

Hierdie boek sal verseker baie kerkmense kwaad maak, maar lees dit asseblief met 'n objektiewe benadering. Onthou, objektiwiteit is 'n kenmerk van goeie wetenskaplikheid. Die kennis van die boek sal u denke en lewe verander. Dit beslaan 242 bladsye. Paulus weerspreek homself op talle plekke in die Skrif en hy weerspreek ook die Woord op verskillende plekke op 'n gevaarlike wyse.


.: Uitverkiesing; so logies en noodsaaklik

Hierdie boek is nou vrygestel en kan nou bestel word.
Sien: Kontak My