.: Artikels :.

.: Artikels





BAIE BELANGRIK: "Jahweh" word deur die taalkundiges aanvaar as die Eienaam van ons Hemelse Vader en so ook "Jahshua" Sy Seun in die plek van "Jesus". Omdat 'n eie naam nooit vertaal kan word nie, verkies die skrywer om die oorspronklike en ware Name te gebruik. Waar die Bybel aangehaal word, word dit soms gedoen soos dit daar geskryf staan. Weet egter dat ons van niemand anders praat nie, as van die God van Abraham, Isak en Jakob en van Sy Seun die Messias, ons Verlosser.

_______________________________________________________________

Gaan uit haar uit, my volk!

Openbaring 18:4 "En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie."

_______________________________________________________________


GODSDIENSVERRAAD TEEN GOD EN SY VOLK

AAN ALLE KINDERS VAN ONS HEMELSE VADER WAT DIE WAARHEID WIL ONTDEK:

UIT DIE PEN VAN BEN MAREE

Oorsprong van die Nuwe Afrikaanse Vertaling:

Vanuit die boek “Godsdiensverraad wat ons en ons land vernietig” deur ds.Ben Maree:

 

Oorsprong van die Nuwe Afrikaanse Vertaling

 

Dit is van kardinale belang dat Afrikaanssprekende Christene besef dat die grondteks van die Nuwe Afrikaanse Vertaling, (Afrikaanse vertaling van die Rooms-Arminiaanse UBS-teks), deur die Rooms-Katolieke Kerk geformuleer is met die doel om alle Christen Kerke – Afrikaanssprekendes ingesluit, onder beheer van die Rooms-Katolieke Kerk te bring. [ Lees meer... ]

_______________________________________________________________


Uitverkiesing! Só noodsaaklik en só logies!:

 

UITVERKIESING

 

Die Gereformeerde leer sê dat daar ‘n “uitverkiesing” is. Dit is wel korrek. Die moderne kerke sê dat almal gered kan word – dit is foutief.

Dat die uitverkiesing op ‘n gene lyn lê is baie duidelik in 1 Petrus 2:9, daar staan in die Grieks: “Maar julle is ‘n uitverkore gene lyn,….”

Direk in Engels vertaal, uit wat daar staan in Grieks is: “But a race elect, a royal priesthood, a nation holy, a people for possession, so as the virtues you may all tell out of the (One) from…..” [ Lees meer... ]

_______________________________________________________________

Openbaring 1:3-6 “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. (4) Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is, (5) en van Jahshua Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed (6) en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amein.”

_______________________________________________________________